Monday, November 29, 2010

NEW BOOK: DIE TROJAANSE PERD IN DIE NG KERK

29 November 2010

NEW BOOK: DIE TROJAANSE PERD IN DIE NG KERK

A new book "Die Trojaanse Perd in die NG Kerk" has just been released (see link below). Amongst other things, it describes the encroachments of the Emerging Church in this denomination - in some ways it has been infected much more seriously than many other denominations. While the acceptance of other race groups is welcomed, since 1994 the NGK has radically softened its stance on morality and biblical truth. When the issue of Same-Sex Marriage was debated in parliament, the NGK parliamentary lobbyist supported state 'same-sex marriage', while not wanting to have it done by their church. He openly professed his view to be postmodern, while calling the Biblical view 'pre-modern'. Why the drastic shift in the NGK? My opinion (not those of the book authors) is three fold:
* Firstly, the NGK by previously aligning itself with other social and political structures attracted many who are not true Christians who joined simply because that was the socially acceptable thing to do at the time. These people have no sincere commitment to biblical truth and have shifted with the winds of culture to what is now 'politically correct'.
* Secondly, the church has handed its theological training over to secular universities, where it cannot control the appointment of lecturers and ensure they are biblical and this unbiblical teaching has been taught to their students.
* Thirdly, they appear to have ended up with a similar crisis of biblical confidence to the Presbyterian church in the Southern United States. Both churches have very similar Calvinist theology. The Southern Presbyterians failed to speak up against slavery until the Northern United States had militarily conquered the South. Then they suddenly shifted their position to 'anti-slavery' after the law changed, without properly explaining to their followers from the scriptures why they had made the shift. The result from their followers was a loss of confidence in the authority of the church. The Southern Presbyterians then tried various 'unity' efforts with the Northern Presbyterians to try to bolster their credibility. In doing so, they sadly compromised their theological principles in exchange for such 'unity' and opened the door to liberalism, which later over-ran their churches. It appears a similar dynamic has occurred within the NGK after the fall of apartheid.

There is a need for Bible believing Christians to speak up for Biblical truth. If you are in the NGK, this book can help equip you to do so.

Below is a summary of one of the chapters on the Emerging Church in the NGK. Please forward this email to your Afrikaans friends

http://www.glodiebybel.co.za/boeke-m/189-die-trojaanse-perd-in-die-ng-kerk.html

Philip Rosenthal

---------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die aanslag op die Woord vanuit postmodernistiese denkwyses

Een van die hoofstukke in die boek “Die Trojaanse Perd in die NG Kerk – die kanker van Evolusie en Liberalisme” bekyk nuwe stroming wat tans nie net in die NG Kerk woed nie, maar in die meeste gereformeerde denominasies in Suid-Afrika, en ook op verskillende plekke in die wêreld.
Daar word gekyk na hoe die ommekeer in Skrifbeskouing ook nie Skrifkritiek en Skrifgebruik onaangetas gelaat het nie. Dit het tot gevolg dat Bybelwaarhede soos die opstanding van Christus, Sy maagdelike geboorte, Sy Godheid en selfs Sy plaasvervangende sterwe verloën word. Daar kan selfs gevra word: Is die hart van die evangelie nie uitgeruk nie? Die liberale aanslag het verdoemende gevolge op vele terreine.

In wese is die postmoderne teoloë se verstaan van die Skrif van so ‘n aard dat daar nie juis veel van die Evangelie oorbly nie. Die maagdelike geboorte van Christus én sy liggaamlike opstanding word verwerp. Die kruisdood word deur sommige geleerdes as ‘n wrede daad van die Vader uitgebeeld. ‘n Vader wat Sy Seun doodmaak vir die sondes van ander, moet gehaat word. Die Bybel word nie meer gesien as die ware, geïnspireerde en onfeilbare Woord van God nie, maar as ‘n versameling werke wat niks méér sê nie, as bloot wat mense in die verlede oor God geglo het.

Ernstige kommer word in hierdie boek uitgespreek oor die ongereformeerde rigting wat hierdie strominge ingaan en die traagheid om met leertug teen teoloë op te tree wat meelopers hiervan is. Van hierdie nuwe strominge wat onder die vergrootglas kom , is die Ontluikende Kerk “Emerging/Emergent Church”) en die “Nuwe Hervorming” . Enkele gedagtes word ook uitgespreek oor die Evangeliese Inisiatief (EI).

Die Ontluikende Kerk (Emerging Church)

Een van die mees resente strome van geestelike misleiding het byna ongemerk die Christelike Kerk wêreldwyd oorspoel. Hierdie uiters subtiele postmoderne “herverwoording” van die Evangelie staan bekend as die Ontluikende Kerk (Emerging Church), en is besig om in ‘n toenemende mate ‘n alles-omvattende paradigmaverskuiwing in elke faset van die Christendom teweeg te bring. Die Ontluikende Kerk-beweging met sy gepaardgaande teologiese rigting van postmodernisme, is bo alles ‘n aanslag op die Bybel. Die Ontluikende Kerk sluit aan by en eerbiedig die kultuur van die dag. Dit het min of meer sedert 2004 sterk na vore gekom en dit wil voorkom asof die rigting veral aanklank vind onder die jonger geslag.

Die Ontluikende Kerk is ‘n beweging of ‘n stroming eerder as ‘n gestruktureerde organisasie of kerkverband. Een van die filosofiese uitgangspunte van dié beweging is dat dit ‘n deug is om onseker te wees of twyfel te hê oor geloofsake! Ons kan dit ook beskryf as ‘n verheerliking van onsekerheid. Die vertrekpunt van die beweging is dus dat dit algeheel onmoontlik is om presies te verstaan wat die Bybel regtig leer en bedoel.

Brian McLaren, een van die bekendste ontluikendes, glo byvoorbeeld nie meer aan Christus as persoonlike Verlosser van sonde nie, maar as “Hervormer” van die wêreld – dus tipiese vryheidsteologie. Hy ontken ook Christus se wederkoms en God se toekomstige oordeel van die wêreld. Dit is jammer dat die bekende Bill Hybels van die makro gemeente Willow Creek in Chicago, homself assosieer met hom.

Van die ander name wat in hierdie verband genoem word, is Leonard Sweet, Rob Bell, Tony Jones en Erwin McManus. Kerkleiers in die NG Kerk wat stadig maar seker besig is om in te koop op hierdie subtiele misleiding is onder andere prof. Julian Müller, Nelus Niemand en Stephan Joubert.

Die mees ontstellende aspek van die Ontluikende-infiltrasie is dat hulle veral die Kerklike jeug van die wêreld in hulle visier het. Youth Specialties is ‘n multi-biljoen dollar Ontluikende-jeugorganisasie wat internasionaal opereer. In hul gratis kursusmateriaal, wat wêreldwyd deur jeugleiers en -predikante van hulle massiewe webtuiste afgelaai word, propageer hulle onder andere mistieke Oosterse meditasiepraktyke, homoseksualiteit en masturbasie.

Die leer van die “Nuwe Hervorming” (NH) – 'n radikale breuk met die Christelike geloof

Die Nuwe Hervorming wil doelbewus en radikaal breek met die Kerk- en teologiegeskiedenis van die verlede. Die ekumeniese en reformatoriese belydenisskrifte en die Kerklike dogmas, soos dit deur die eeue ontwikkel het, word verwerp.

Daar is binne die nuwe Godsleer van die Nuwe Hervorming geen ruimte meer vir gebed nie. Feitlik elke aspek van die Bybelse verlossingsleer word hervertolk: Die ontvangenis en geboorte van Christus, die wonders, sy kruisdood as soenoffer en die opstanding. Die uitdaging is, volgens die Nuwe Hervorming, om hierdie verhale as mites te verstaan en akkuraat oor die betekenis daarvan te praat “want die wyse waarop die evangelie die goeie boodskap aangaande Jesus verstaan en aanbied, is onversoenbaar met die moderne wêreldbeeld en Bybelwetenskap”.

Reaksies van die Evangeliese Inisiatief

Nadat ‘n DVD “Nuwe Strominge in die Teologie” van WTL Multimedia Produksies verskyn het, het die Evangeliese Inisiatief (EI) ontstaan. Sommige mense het beweer dat dit ‘n poging was om die “verwarring” wat by lidmate ontstaan het, te help opklaar. Die vraag is egter of dit gaan oor “verwarring” by die lidmate of oor “afwyking” by die leierskap van die Kerk. Dit is sekerlik duidelik dat baie ingeligte lidmate lankal reeds agtergekom het dat daar by die Kerkleiding ‘n radikale afwyking gekom het in hul teologiese benadering!

Dit het vir lidmate duidelik geword dat daar ‘n heeltemal nuwe benadering gekom het tot die Bybel as die Woord van God. Dit is so eenvoudig soos dit is. Lidmate het waardering vir die Skrifgetroue prediking by die byeenkoms van 13 Oktober 2007 wat onder leiding van die Evangeliese Inisiatief by Moreletapark gereël was. Hulle het ook waardering vir die getuienis wat dit uitgedra het ten opsigte van die waarheid wat vir ons erns is. Of die Algemene Sinode of die teologiese fakulteite egter hulle teologie rondom die Skrif en die hantering daarvan gaan omkeer, bly ‘n ope vraag. Sal predikante vanaf 2008 nog steeds opgelei word deur dieselfde dosente wat ons in die afgelope dekades leer ken het? Dink ook aan dosente van ander kerke wat byvoorbeeld by UP (en elders!) betrokke is!

Samevatting

Opsommend kan gesê word dat die postmodernisme ‘n reaksie is teen die noukeurig-gedefinieerde waarheid van die Bybel. Wat behoort ons antwoord te wees ten opsigte van hierdie aanslag op die duidelikheid van die Woord? Dit kan niks anders wees nie, as dat ons doelgerig en volhardend die Woord sal bly handhaaf en suiwer sal verkondig. God neem deur Sy Gees die verantwoordelikheid om deur die waarheid van Sy Woord, te doen wat Hom behaag. Só bring Hy Sy Goddelike plan soewerein tot uitvoer (Jes. 55:10-11).

----------------------------------------------------

If you are in the NGK, why not order your copy at:

http://www.glodiebybel.co.za/boeke-m/189-die-trojaanse-perd-in-die-ng-kerk.html